
Eredienste
Ons as kerk streef daarna om ons visie van ‘n Duisend Skakerings Van Liefde voluit uit te leef.
Elke persoon het hulle unieke verhouding met God en so bring hul, hulle eie skakering van Liefde na hierdie kerk.

Jeug/Tieners
In Handelinge is die jeug volwaardige lidmate. Handelinge onderrig ons jeug deur kinderkerk, eredienste en Handelinge Bedieninge vir Ons Koning.
Kinders hoef nie aan ‘n Sondagskool deel te neem nie.
Kontak: Bennie 076 808 2499 of Ivana 073 606 5671
As jeug van Handelinge mik ons daarna om elke persoon die geleentheid te gee om op sy eie unieke manier n verhouding met God te bou. Ons mik om n kultuur onder die jeug te skep waar ons mekaar help en saambou aan God se Koningkryk. Deur fellowship en saam kuier probeer ons n platform skep waar die jeug bymekaar kan kom, saam bid, worship, en kan deel word van n community of believers.
Handelinge 29


Kinderkerk
Kinderbediening is ‘n prioriteit in Handelinge. Kinders is die volgende geslag wat die Koninkryk van God vorentoe vat. Dis vir ons belangrik dat kinders sonder skooldruk elkeen uniek op sy/haar eie tyd in noue samewerking met die ouers by Jesus uitkom.
KONTAK: Bennie 076 808 2499 of Ivana 073 606 5671

Sopkombuis
Pastoor Moses Booysen bedryf ons sopkombuis in Davidsonville. Ons voorsien Dinsdae, Donderdae en Vrydae ± 200 kindertjies en bejaardes van ‘n bord sop. Handelinge dra die sopkombuis finansieel en kry ook skenkings van groente en vleis by boere.
KONTAK: Elmore Kirsten 079 406 2703

Kospakkies
Ons voorsien gesinne in nood maandeliks van kospakkies. Dries en Magda koop kos aan en versprei dit dan onder gesinne wat kosnood het.
Profetiese Bediening
Ons profetiese span bedien mense met profetiese woord Sondae. Daar is pragtige profetiese kamers wat jy voor/tydens of na die diens kan besoek en net stil word voor die Here.
KONTAK: Esme van Ruler 072 259 5515

Dekorspan
Handelinge beskik oor ‘n span kreatiewe dames en mans wat sorg dat versierings in die kerk deur die jaar d.m.v. geestelike temas aangebied word.
KONTAK: Maria Visser 071 681 6385

Musiekbediening
Handelinge het ‘n wye verskeidenheid musiekbedienings wat Sondae tydens eredienste die lofprysing en aanbidding waarneem. As jy wil deel word, kan jy vir Andre kontak.
KONTAK: Tjaart Kruger – 0711 500 999

Toerustings-geleenthede
Alles toerusting geskied d.m.v. eredienste en spesiale kursusse.
Vroue- en Manne konferensies word jaarliks aangebied.

