Donasies en Bydraes


BANKBESONDERHEDE:
Handelinge Gemeenskap
ABSA
HORISON
REKNR 9209430146
TJEKREKENING

Tegnologie is besig om die wêreld oor te neem. Handelinge wil graag tegnologies probeer voor bly. Ons wil ook nie meer Sondae te veel kontant hanteer nie en mense maak deesdae net gebruik van elektroniese betalings eerder as om kontant rond te dra. Daarom het ons dit goed gedink om gebruik te maak van Snapscan.

Hier is n kort verduideliking van wat dit is.
Snapscan is n app wat onder App store of Play store afgelaai kan word. Handelinge het by Snapscan geregistreer dan kry jy n persoonlike barcode, wat onder aan die epos gevoeg is. Wanneer jy die app het kan jy, ooral waar daar n barcode is, met die Snapscan app betaal. Sondae het ons in die dankoffer mandjies ons barcode waarmeer jy jou dankoffer kan gee. Dit is n baie private en betroubare manier van betaal wat deur Standardbank bestuur word.

Hier is hoe jy kan deel raak van die gebruik van Snapscan:
1: Laai die Snapscan app af
2: Volg die stappe om te registreer
3: Druk scan
4: Hou jou kamera voor Handelinge se barcode (die een wat aangeheg is). Hy scan self so jy hoef niks te druk nie.
5: Voeg die bedrag in wat jy wil betaal.
En dis dit. Maklik en betroubaar. Geen kontant is nodig nie.

Vrae wat gereeld gevra word:
1: My kaart wil nie aanvaar word nie?
– Sommige kaarte wil nie vat nie dan moet jy gebruik maak van jou betrokke bank se MASTERPASS app of Wechat. Dit werk dieselfde as snapscan.

2: Moet ek net gebruik maak van n kredietkaart?
– Nee, indien jou debietkaart nie vat nie maak gebruik van die vorige vraag se antwoord.

3: Kan ek elke keer n ander bedrag betaal?
– Dit is nie n debietorder wat jy vasmaak nie so, JA, jy kan elke keer n ander bedrag inlees.

Liefde en groete
Handelinge span