
Hoekom bestaan ons?
Kinderbediening is ‘n prioriteit in Handelinge. Kinders is die volgende geslag wat die Koninkryk van God vorentoe vat. Dis vir ons belangrik dat kinders sonder skooldruk elkeen uniek op sy/haar eie tyd in noue samewerking met die ouers by Jesus uitkom.
Dit is ook belangrik vir ons om die Christelike Fondasie sterk te bou sodat hulle weet Wie Jesus is maar ook Wie hulle in Jesus is.
Ons werkswyse
Die manier waarop ons met ons kinders werk:
• Plek
Ons probeer ons vertrek van die Kinderkerk vrolik maak vir die kinders – met ‘n
Springkasteel waarop hulle voor en na die Kinderkerk kan spring. Ons fasliteer die omgewing sodat dit vir hul lekker is om hierheen te Kom. Ons praat ook die taal van aanvaarding sodat elke maatjie welkom voel.
• Musiek
Ons musiek by die Kinderkerk word gekies om kinders se harte te raak en hulle moet dit geniet.
• Span
Ons het ‘n span van 12 dames wat die Kinderkerk lei. Pastoor Nadia Pretorius werk vir ons op ‘n weeklikse basis die lesse uit.
• Lesse
Ons lesse by die Kinderkerk is gefokus om op ‘n kreatiewe manier Jesus by die kinders uit te bring.
Toekoms
Ons beoog om geleenthede buite Sondae vir kinders te skep soos bv. Avontuurdag op ‘n Saterdag.
