
Die geluid van ons huis in aanbidding.
Ons aanbidding is die geluid van mense rondom die teenwoordigheid van Jesus. Nie gepoleer of perfek verwerk nie, maar die rou pragtige harmonie van ‘n uiteenlopende geestelike familie wat aan Jesus gewy is. In ons aanbidding is die klank van liefdesliedere aan die Here, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Die liedjies wat ons sing is vir ons soos ’n aanloopbaan na die Hemel.
Ons seëninge is die liedjies wat die Here na ons toe bring, die manier waarop Hy in die vertrek beweeg en ons in Sy teenwoordigheid opgesweep raak.
Ons vergoeding is, Sy werklikheid, Sy beskerming, Sy goedheid en Sy liefde.
Musiekbediening
Lofprysing en aanbidding is ‘n integrale komponent van ons eredienste en ons is bevoorreg om ‘n musiek bediening te hê wat met oorgawe hulle onderskeie talente tot eer van ons Hemelse Vader aanwend.
‘n Wye keuse van liedere word gesing – van die eertydse psalms en gesange wat op ‘n verfrissende wyse verwerk en aangebied word tot die meer moderne liedere tot Sy eer en verheerliking.
Enige lidmaat wat sy of haar gawe wil aanwend as deel van ons musiekbediening is welkom om in te skakel.
