
Amos 3 : 7 “Die Here God doen niks as Hy nie Sy besluit bekend gemaak het aan sy dienaars, die profete, nie”
Die Here rig aan elkeen ‘n uitnodiging om deel te hê om Sy liefdesbrief op ‘n kreatiewe manier en op ‘n persoonlike vlak aan mense oor te dra.
Waarom bestaan die Profetiese groep?
1 Kor 14 : 3 “ Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou en bemoedig en vertroos.
Die Here rus elkeen toe met geestelike gawes en talente om Sy vennote te wees met die doel om Sy koninkryk hier op aarde uit te bou. Kom word deel van Handelinge Gemeente se profetiese groep.
Vorige en toekomstige projekte
- Opleiding in die profetiese
- Belewenis aande
- Mans en Vroue Konferensies
- Uitreike : “Treasure hunt”
- Sondagbediening voor eredienste
- Alledaagse en spesifieke bediening
- Spreek en uitleg van tale.
- Intersessie
- Uitleg van drome en visioene
- Fisiese en innerlike genesing
- Kreatiewe kuns: Skilder, verf, klei en dans
- Proklamasie: Vlae en ramshoring, Baniere en Nagmaal
- Profesieë: Briefvorm, Plakkers (“Stickers”) en Voorwerpe
Profetiese kamers
- Aanbiddingskamers
- Profetiese kamer
- Gebedskamer
- Stilword kamer / “Soaking Room:
- Beradingskamer
- Genesingskamer
- Doopkamer
