Dekorspan

Met die aankoop van ons eie kerkgebou het verskeie kunstige lidmate die verantwoordelikheid geneem om die binnekant van die kerk toepaslik uit te rus en te versier ooreenkomstig die spesifieke geleentheid. 

Vlae met elkeen sy eie kleur en betekenis is permanent beskikbaar vir persoonlike gebruik ooreenkomstig die leiding van die Heilige Gees.

Persone met ‘n aanvoeling van binnehuise versiering kan vir Maria Visser by 071 681 6385 kontak om in te skakel.