
Hoekom bestaan ons sopkombuis?
Die nood is groot. Handelinge wil graag honger magies volmaak uit die oorvloed wat die Here vir ons gee. Daar is soveel kinders en oumense wat nie eers een bord kos ‘n dag kry nie. Daarom het ons besluit om ‘n sopkombuis te begin.
Geskiedenis
Adele Raubenheimer en Elize Snyders het tot die gedagte gekom in 2014 om sop uit te deel vir die mense op pad werk toe, maar destydse kerkraad het besluit dis beter om ‘n sopkom-buis vir kinders te begin. Elize en Adele het Mei 2014 1 pot sop en 3 brode gemaak. Daar het net 3 kindertjies opgedaag. Die volgende week het die woord versprei en daar was massas kinders.
Huidiglik
Pastoor Moses en Rhoda, sy vrou, bedryf tans die sopkombuis vanaf hul huis in Davidsonville. Hulle gee elke Dinsdag, Woensdag en Vrydag sop of ‘n bord kos vir die kindertjies en oumensies van Davidsonville. Rhoda is in beheer van die kosmaak. Sy het ‘n hele span vroutjies wat haar help.
- Handelinge se Goedheid en guns fonds is verantwoordelik vir die finansies om kruideniers te koop.
- Daar is ook ‘n hele paar mense wat borge voorsien vir die sopkombuis soos boere wat groente en vleis voorsien, jagters wat vleis voorsien, Albany wat op ‘n gereelde basis brood voorsien.
- Individuele borge
Toekoms
Ons beoog om die sopkombuis uit te brei na 7 dae per week.
